Saturday 27 June 2015

div class='cmt_iframe_holder'
expr:data-href='data:post.canonicalUrl'
expr:data-viewtype='data:post.viewType'/>

Tuesday 23 June 2015

GESOND: 10 riglyne vir ‘n gesonde lae stysel-leefstyl

Kweek ‘n gesonde leefstyl met dié dieet wat slegte stysel uitsny om plek te maak vir meer voedsame groente en vrugte.



Daar is al vir langer as ‘n dekade ‘n groeiende neiging tot die nastreef van ‘n gesonder leefstyl, tog is daar maar min van ons wat dit handhaaf. Lees hier hoe jy ‘n gesonde leefstyldieet kan begin, wat op jou gesondheid fokus.


1.    Bly weg van verfynde kos

Die mikpunt van die eetplan is om jou weg te laat bly van verfynde meel en suiker – dus witmeel en witsuiker – en geprosesseerde kos. Dis nie gesond nie.
As jy vir net ‘n oomblik aan witmeel en witsuiker dink, sal jy besef hoekom. In die vervaardiging daarvan word al die “goeie” dele verwyder. In die geval van witmeel, word al die voedingryke vesel verwyder, terwyl die melasse verwyder word om witsuiker te maak.
‘n Verdere ontsteltenis is dat alle bruinsuiker ook nie goed is vir jou nie, aangesien alle suiker, tydens die vervaardigingsproses, eers witsuiker gemaak word, voordat die melasse in verskillende grade bygevoeg word om die verskillende bruinsuikers te maak. In dieselfde asem let ook op dat volkoringmeel eintlik geprosesseerde witmeel is wat met semels verryk is. Geeneen van die produkte is dus nog regtig in hul “natuurlike” vorms nie.
Eintlik is dit dus ook geprosesseerde kos. Ander geprosesseerde kos, soos ready-made meals en blikkieskos bevat dikwels modified starch en ander toevoegsels, wat veroorsaak dat jy nie in beheer is van wat en hoeveel jy daarvan inkry nie.

2.Beperk proteïene


Mens moet sommer aan die begin al besef dat die brood en pasta wat jy opgee, nie deur proteïene, in die vorm van vleis en hoender, vervang word nie. Die dieet noop jou juis om meer groente en vrugte te eet.
Probeer om elke ete tot een soort proteïen te beperk. Proteïene kan in die vorm van kaas, eier, hoender, vis, seekos, beesvleis en wildvleis geneem word. Hoender moet van vel en been verwyder wees. Ander vleise moet sonder vet wees. Vermy olierige visse, soos makriel en sardiens.

3. Moenie stysel ignoreer nie


Stysel kry baie moeilikheid – maar dis nie net sleg nie. Nie net kom dit in jou groente en vrugte voor nie, die oorhoofse meerderheid van lae koolhidraat-eetplanne laat ook crackerbread, ryvita, provita en soms ryskoekies toe. Dit sal help dat jy nooit honger ly nie. Kyk ook na lyste met lae GI-kosse, wat die “beter” stysel aan jou sal uitwys.

4. Eet groente en vrugte


Soos reeds genoem kan jy op die eetplan verwag om meer groente en vrugte te eet.
Vir ‘n dieet wat gefokus is op gewigsverlies, moet jy egter ook jou vrugte tot twee ‘n dag beperk, aangesien vrugte baie suiker bevat. ‘n Vrug is heerlik vir ‘n teetyd-snack.




5. Drink genoeg water

Daar word aanbeveel dat mens 6 – 8 glase water per dag drink. Eintlik is dit vir enige gesonde leefstyl belangrik, ongeag of jy op ‘n dieet is of nie.
Bekyk net eendag na ‘n uitsonderlike warm somersdag na jou tuin. Alles hang van verleptheid – dit lyk omtrent bedroef.
Met die besef dat jou liggaam en die aarde beide om en by uit 70 % water bestaan, maak dit sin dat mens die water in jou liggaam ordentlik moet opvul.



6. ‘n Ou soetigheidjie


Vermy suiker, en gebruik eerder versoeter in jou koffie, tee en kos. Jy kan ook vrugte in jou kos gebruik om dit op ‘n meer natuurlike wyse te versoet.
Uit ‘n gewigsverlies-oogpunt sal dit ook ‘n goeie idee wees om melk uit jou koffie en tee weg te laat.
In dieselfde asem word dieetkoeldranke toegelaat – diëte laat meesal ongeveer 1 liter dieetgaskoeldrank per dag toe.

7. Gaarmaak en olie


Probeer sover as moontlik om nie olie te gebruik nie. Skaf vir jou ‘n goeie non-stick-pan aan, wat sal maak dat jy nie eens olie benodig nie. Kyk ook uit vir silikon-liners wat jy in panne en oondpanne kan sit om sodoende dan ook nie olie te gebruik nie.
Nog ‘n goeie metode om jou oliegebruik te verminder is om 5 ml met ‘n maatlepel af te meet en net dit te gebruik om jou kos in te braai. 5 ml olie kan ‘n verbasende ver pad stap! Gebruik dan water wanneer dit wil vasbrand. Gebruik verkieslik olyfolie of canola-olie, of spray ‘n cook.



8. Geur jou kos

Mense het ‘n geneigdheid om te dink dieetkos is altyd bland. Gebruik vars kruie, speserye en asyn om jou kos op te kikker. Dikwels is balsemieke asyn en basiliekruid al wat mens nodig het in ‘n roerbraai, terwyl jy ‘n geurige gereg kan voorsit deur ‘n paar speserye saam te braai.
Brei jou kennis oor Speserye uit en plant jou eie groente.
Pasop egter vir gekoopte speserymengsels. Dikwels kan mens skaars een of twee van die bestanddele herken.

9. Wees kreatief


Hou jou kos interessant, anders gaan jy beslis daarvoor moeg raak. Daar is geen rede hoekom jou slaai altyd uit dieselfde bestanddele moet bestaan nie. Gebruik vrugte in jou hoofetes om verskeidenheid te verseker. Daar is baie webwerwe op die internet wat gewy is aan lae koolhidraat-resepte.

10. Kweek goeie gewoontes


‘n Dieet kan jou dikwels soos ‘n kluisenaar laat voel, uitgesluit van die wêreld, want verleiding lê om elke hoek en draai.
Elke keer as jy eet, veral as jy uiteet, is dit ‘n keuse wat jy maak tussen gesond en ongesond.
Die idee is dus dat jy moet verstaan wat gesond is, en wat ongesond is. Gewoonlik is die uitdrukking “gesondheid uit die grond uit” ‘n goeie aanduiding, terwyl jy alles wat eers deur ‘n vervaardigingsproses moet gaan met meer agterdog moet bejeen .


VOORSPOED TOT SUKSES

WYSHEID OOR GEWIGSVERLIES

  Om jou lyf te verander moet jy eers ’n kopskuif maak. 6 geheime oor hoe om gemotiveerd te bly om suksesvol gewig te verloor.
MOTIVERING :
1. As mense my vra hoe hulle ook so baie gewig kan verloor, sê ek altyd hulle moet ʼn wilsbesluit neem en jy moet dit vir jouself doen. As jy nie vir jou eie gesondheid verantwoordelik kan wees nie, sal jy nooit beheer oor jou liggaam kan neem nie.
Wat jy kan doen: Raak rustig en dink na oor wat werklik jou motivering is. Maak ʼn lys van 10 baie spesifieke en persoonlike redes waarom jy gewig wil verloor. Plak die lys êrens op sodat jy daarna kan kyk wanneer jou motivering min is.
2. As jy jou doelwitte wil bereik, moet jy sorg dat jou doelwitte oor jóú gaan. Jy moet dit máák werk en dit op só ʼn manier doen dat dit vir jóú werk. As jou doelwitte nie vir jóú is nie, gaan jy nie sukses behaal nie.
Wat jy kan doen: Stel doelwitte wat vir jóú realisties is. Dit hoef dus nie te wees dat jy ʼn jaar lank op die dieet-program wil bly of twee rokgroottes wil krimp nie.
3. Hoewel baie kenners sê jy moet jouself glad nie daagliks weeg nie, is dit nou die eerte ding wat ek soggens doen. Ek weeg myself kaal, so daar is niks wat ʼn ekstra kilo of twee kan byvoeg nie. Hierdie roetine help my om my gewig wat wipplank kan ry, te beheer. As ek sien ek het gewig aangesit, al is dit ook hóé min, weet ek ten minste dat ek op daardie dag iets daaromtrent kan doen.
Wat jy kan doen: Doen net wat vir jou werk. Om daagliks te sien hoe jou gewig wipplank ry kan vir party mense ʼn negatiewe ervaring wees en ander weer motiveer. Elkeen moet doen wat vir haar die beste werk.
4.  Die enigste manier hoe jy ʼn permanente verandering kan volhou, is deur nuut te dink, doen en leef.
Wat jy kan doen: Gedragsverandering speel ʼn belangrike rol in gewigsverlies. Gaan sit elke week en dink na oor jou houding oor kos. Het jy sekere gewoontes wat jou verhoed om gewig te verloor? Indien wel, probeer dit verander. Eet jy byvoorbeeld sonder om juis daaroor te dink terwyl jy vasgenael voor die TV sit? Probeer dan volgende keer om jou tande te borsel voordat jy jouself op die rusbank tuismaak om TV te kyk.
5. Permanente gewigsverlies kom nie met die druk van ʼn skakelaar nie. Dis nie iets wat jy vir ʼn rukkie doen en dink dit gaan jou lyf vir ewig verander nie. My lewe is so besig soos kan kom, maar ek het steeds tyd gemaak om die program te volg. Jy moet só graag suksesvol wil gewig verloor dat geen berg, rivier of oseaan jou sal kan verhoed om jou doelwitte te bereik nie. As jy só gemotiveerd, passievol en toegewyd is, is daar geen manier hoe jy nié die gewig gaan afskud nie.
Wat jy kan doen: Konsewentheid en deursettingsvermoë is belangriker as perfeksie. Dít is die belangrikste les wat jy moet leer op jou pad van gewigsverlies. Diegene wat gewig verloor en dit af hou, weet dat as jy iets verkeerd eet of ʼn bietjie gewig optel, dit nie die einde van die pad is nie. Dis slegs ʼn spoedhobbel. Jy moet deurdruk en net eenvoudig weier om moed op te gee.
6.  Om myself toe te laat om oorgewig en ongesond te wees, is ʼn slegte gewoonte wat ek met plesier agterlaat. Ek het nou meer energie, stamina en motivering as ooit tevore.
Wat jy kan doen: Dis so maklik om net vas te staar in hoe moeilik en uitdagend dit is om gewig te verloor. Probeer dus eerder dink aan al die voordele en belonings wat met gewigsverlies gepaard gaan. Jy sal gou agterkom dat jy meer vertroue en energie het en boonop gelukkiger is. Let op die verskil in daaglikse takies soos om trappe te klim, hoe jou klere losser pas en hoe jy meer energie vir jou geliefdes het. Ons breine is geneig om te fokus op hoe ‘moeilik’ dit is om gewig te verloor. Dit maak dat ons nie ons slegte gewoontes kan laat vaar en verander nie. Weier eenvoudig om toe te laat dat negatiewe gedagtes jou onderkry.


Braaivleis Pap

POETOE PAP

2 koppies water    knippie sout
3-4 koppies mieliemeel

Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.Verlaag hitte tot normaal. Sit deksel op. Roer na 3-4 minute met die agterkant van 'n houtlepel sodat krummels in die pap vorm. Sit weer deksel op. Roer weer 1 of 2 keer goed deur. Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir 'n laaste keer deur. Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is. Bedien saam met braaivleis, met "sheba" oftewel tamatie en uiesmoor.


STYWE PAP

4 koppies    5ml sout
500ml TRADISIONELE BRAAIPAP

Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op. Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer.Voeg 125ml koue water by pap.Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.


FEESPAP

750ml mieliemeel     6 koppies water
1½ teelepel sout     1 bottel biltongsmeerkaas
250ml room     1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek     2 uie
gerasperde kaas

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar. Snipper en braai spek en uie.Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.


WAT IS `N PA? Deur die oë van 'n kind

Pa's werk baie hart en het baie papier gelt.Pa's hou baie van teevee kyk op Saterdag.Pa's wil slaap op Sondag. Pa's maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas. Pa's het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie uit en stof af nie. Pa's lees as hille kamer verlaat. Pa's hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums dra. Pa's gee hart pak as ma so sê. Pa's gaan op vikansie en vat ma's en kinners altyt saam. Hille krap hille gesigte skoon want dit wort vol hare as hule slaap. Pa's werk altyt as kinners iets wil doen, en het baie werk vir kinners. Ma's het ook baie werk vir pa's. Pa's is kwaai maar hille is bang vir ma's.

BRAAIVLEISMARINADE

BIERMARINADE

175ml bier    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie    30ml suurlemoensap
30ml suurlemoenskil, gerasper

Meng alles saam.


BRAAISOUS

1 ui, in ringe gesny    1 knoffelhuisie, gekneus
10ml olie    200ml tamatiesous
150ml water    75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous    5ml sout
10ml mosterd

Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die bestandele by en prut vir 5 minute. Heerlik saam met oor die kole gebraaide hamburgerkoekies.


BRAAIVLEISMARINADE

200ml vleisaftreksel    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie

Meng alles saam.



PYNAPPELMARINADE

200ml pynappelsap    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie    15ml gemmerwortel, gekap
5ml fyn gemmer

Meng alles saam.


WYNMARINADE

200ml rooiwyn    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie

Meng alles saam.



SLEGS WARE MANNE BRAAI VLEIS :

Vleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat 'n ware man sal doen.
Wanneer 'n man besluit om te braai, ontstaan die volgende ketting-reaksie.:

1)    Die vrou gaan koop die vleis en by-kossies.
2)    Die vrou maak die slaai, pap en sous.
3)    Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in 'n bak saam met die nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die braaier met 'n dop in sy hand staan.


4)    Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER
5)    Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry.
6)    Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog 'n dop sal gooi terwyl hy die situasie onder beheer bring.

7)    Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT VIR DIE VROU AAN.
8)    Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.
9)    Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.

10)    Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging.
Later vra die man of sy vrou darem haar "aandjie af" geniet het. Wanneer hy die reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige vrouens tevrede sal stel nie!