Wednesday 17 June 2015

SEKWESTRASIES EN LIKWIDASIES

“Ek kan nie meer maandelikse finansiele verpligtinge nakom nie” – WAT NOU? o ‘n Persoon word gesekwestreer o ‘n Maatskappy of Beslote Korporasie word gelikwideer SEKWESTRASIES Volgens die wet is sekwestrasie ‘n regsmiddel wat skuldeisers beskerm teen verdere skade wat gelei kan word as gevolg van die skuldenaar se onvermoë om hulle te betaal: v Sekwestrasie behels dat u by die Hooggeregshof aansoek doen dat u boedel onder die beheer van ‘n kurator (wie aan die Meester van die Hooggeregshof rapporteer) geplaas word. v Die kurator tree namens u skuldeisers op en maak al u bates te gelde, uitgesonderd dit wat die Insolvensiewet hom toelaat om vry te stel. v Die opbrengs van die bates word verdeel onder u skuldeisers op ‘n sekere wyse soos voorgeskryf deur die wet. v Na sekwestrasie het u in beginsel geen verdere skuld nie. Daar bestaan drie maniere waarop u gesekwestreer kan word: . Vrywillige Boedeloorgawe U doen self aansoek om gesekwestreer te word met ‘n eedsverklaring by die hof. 2. Vriendskaplike Sekwestrasie ‘n Eggenoot of vriend (gewoonlik net om u uit die moeilikheid te kry) doen aansoek om u sekwestrasie. 3. Vyandige Sekwestrasie ‘n Derde party, vir wie u geld skuld, doen aansoek om u sekwestrasie (die persoon is gewoonlik kwaad as gevolg van u onvermoë om u skuld te betaal). LIKWIDASIES Die likwidasie proses kan: v Vriendskaplik wees – Statutêr, of Expartè – deur Lede of Direkteure. v Vyandig wees – ‘n derde party bring aansoek vir die likwidasie weens geld wat aan hom geskuld word – of weens ‘reg en bilikheid’ (bv. wanneer Direkteure of Lede van mekaar verskil en nie tot ‘n vergelyk kan kom nie). Statutêre Likwidasie Staturêre likwidasie word met ‘n Spesiale Besluit by die Registrateur van Maatskappye /of Beslote Korporasies gebring. Die metode is eenvoudig, maar alle Direkteure of Lede moet eenparig besluit. Likwidasie deur die Hof Die aansoek word in die Hooggeregshof gebring en is dus meer tydsaam en duursaam. Dieselfde proses as met Sekwestrasie word gevolg. Sekwestrasie of Likwidasie is nie die einde van die wêreld nie, ons maak die poses so pynloos as moontlik

No comments: