Monday 15 June 2015

Wat is sekwestrasie?

Sekwestrasie is die vrywillige oorhandiging van jou boedel (finansiële sake) aan die Hooggeregshof onder die regulasies van die Insolvensiewet 24 van 1936. Dit is 'n aansoek gebring in die Hooggeregshof van Suid-Afrika, deur 'n prokureur in samewerking met 'n advokaat namens die skuldenaar wat uiteindelik die skuldenaar (Die aansoeker) sal toelaat om 80% van sy skuld af te skryf. Dit word gesien as 'n laaste uitweg vir n skuldenaar om onder onoorkomelike skuld, voortgespruitend uit omstandighede buite sy/haar beheer, uit te kom. Sekwestrasie is dus die proses waardeur 'n skuldenaar wat insolvent geword het (Iemand wat se finansiële verpligtinge groter is as dié van sy/haar inkomste) die wetlike status van insolvent kan bekom, om ten einde die voordele van die status te geniet. Die skuldenaar word onthef van enige verdere verpligting om sy/haar skuldeisers te betaal soos bepaal was deur die oorspronklike skuldeiser se ooreenkoms, en die skuldeiser se ooreenkoms en eise word tot 'n einde gebring nadat hulle hul voordeel ontvang vanuit die insolvente boedel.





1 comment:

Sharon said...

Penfed Credit Union gee tans lenings uit, Penfed Credit Union is 'n tuiste en 'n plek van finansiële oplossing vir u. As u wil hê dat al u finansiële probleme iets van die verlede is en u ook al u staande skulde wil konsolideer, moet u kontak met: https://www.facebook.com/Katherine.Hernandez.017/ Bemarkingsbestuurder by Penfed Credit Union.
E -pos: penfed_creditunion@yahoo.com

Hulle gee 'n persoonlike lening van tot R450,000 of 'n Direct Plus -lening van tot R15,000,000, afhangende van watter besigheidslening u versoek. Ek is 'n begunstigde, en u staan ​​ook 'n kans om 'n wenner te wees.
Kontak: https: //www.facebook.com/Katherine.Hernandez.017//