Monday 15 June 2015

Ek wil sekwestreer maar ek besit NIE eiendom nie. Wat nou?

Die Hof reëls bepaal tans dat daar 'n 20c tot 25c voorrdeel op die Rand vir krediteure moet wees. Bv. Indien u FNB R1 skuld, moet hulle 20c kry. Indien u totale skuld dus R50'000 is sal u R24'500.00 terug betaal wat ook regskostes insluit. By hierdie bedrag is daar reeds vasgestelde kostes by bereken wat beteken dat u nie op 'n stadium verras gaan word met ekstra Prokureur en Kurator kostes nie. Die wonderliste deel van die sekwestrasie is dat die bedrag wat u terug betaal GEEN RENTE beloop nie en kan u reel om hierdie bedrag tussen 12 en 18 maande aan die Kurator terug te betaal. Om die voordeel vir kredituere te genereer stuur ons 'n lys van roerende bates aan u, wat u dan so volledig as moontlik vir ons moet invul. Ons stuur daardie lys na ons waardeerders waarna hul dan u meubels waardeer. Ons waarborg ook dat u meubels NIE VERWYDER SAL WORD NIE. Ons stuur ook vir u n koopkontrak waarin u die meubels "terugkoop" Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is, beteken dit dau u en u eggenoot gesekwestreer word, omdat dit een gesamentlike boedel is. Indien u buite gemeenskap van goedere getroud is is daar net die een party wat sekwestreer MAAR indien albei finansiele probleme ondervind moet ons twee sekwestrasies doen. Dit gaan ongelukkig dan die kostes x 2 wees omdat dit twee aparte aansoeke is.

No comments: