Monday 15 June 2015

Ek wil sekwestreer maar ek besit eiendom. Wat nou?

Indien u eiendom reeds vir n veiling geskeduleer is, is dit baie belangrik dat u die proses so spoedig moontlik aan die gang sit. Sodra die boedeloorgawe in die Staatskoerant gepubliseer word, word alle geregtelike stappe gestaak. 'n Waardasie word gedoen op die eiendom. Ons sal vir u n waardasie dokument voorsien en op gronde daarvan doen 'n geswore waardeerder 'n waardasie op die eiendom. Verbeteringe wat u aangebring het aan die eiendom word alles op die waardasie volledig uiteengesit. Die Kurator wat deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel is, probeer eers die eiendom uit die hand bemark, met ander woorde hulle gee agente opdrag om die eiendom te verkoop. Die agente sal u skakel en afsprake maak soos met 'n gewone koop en verkoop van 'n eiendom. Die agente wat ons gebruik is baie professioneel en sal u altyd in ag neem. U sal nog vir ten minste drie tot 4 maande in die huis kan aanbly. Sodra die Kurator aangestel is, sal sy/hy met u verdere reelings tref. U sal egter steeds die water en elektrisiteit moet betaal. Die Kurator sal u ten minste 30 dae kennis gee om die eiendom te ontruim. Dit sal nie raadsaam wees om voor die tyd uit te trek nie. 'n eiendom verkoop baie makliker as daar nog mense in woon. U kyk ook ter selfde tyd na die eiendom sodat plunderaars nie die helfte van die huis wegdra nie anders moet die Kurator wagte daar plaas, welke onnodige uitgawes vir die insolvente boedel. Indien die eiendom verkoop word vir minder as die uitstaande verband sal u NIE aanspreekilik gehou word vir die verskil nie. Dit gebeur ongelukkig deesdae baie dat die huis se verband bv R1mil is en die eiendom verkoop word vir R800'000. Die R200'000 word afgeskryf en nie een van die ander skuldeisers ontvang enige geld nie. Hulle kan u ook nie aanspreeklik hou vir enige betalings nie, want u is gesekwestreer. Die ander positiewe ding van die huis is - u word glad nie meer bemoei met die koper se doen en late nie. Met ander woorde dit is nie meer vir u belangrik of die koper 'n lening kry of nie - of die koper waarborge gelewer het nie. Die transaksie word alles deur die Kurator behartig. DIT IS BELANGRIK OM TE WEET DAT INDIEN U 'N EIENDOM, ROEREND OF ONROEREND HET - DAAR NIE 'N BOEDELOORGAWE GEDOEN KAN WORD EN DIE EIENDOM UITGELAAT WORD NIE. DIE EIENDOM IS 'N BOEDEL BATE EN MOET ONS ONGELUKKIG DAARMEE HANDEL.

No comments: