Monday 15 June 2015

Wat is die proses vir sekwestrasie?

• Evaluering van die kliënt se unieke situasie 1. In die eerste en belangrikste plek, moet die Insolvensie praktisyn bepaal of die kliënt inderdaad insolvent is en of 'n ander skuld middel as oplossing eerder gebruik kan word, soos bepaal word deur die Nasionale Kredietwet. 2. Dit word gedoen deur middel van 'n in-diepte aansoekvorm wat die Insolvensiewet praktisyn voorsien met al die inligting wat hulle nodig het om doeltreffende advies aan kliënte te verskaf. • Die besluit om aansoek te doen is gemaak, wat nou? 1. Wanneer die kliënt besluit het om voort te gaan met die aansoek, word die prokureur getaak met die indiening van die nodige advertensies in die Staatskoerant en 'n plaaslike koerant, waarin die kliënt se intensie om te sekwestreer gepubliseer word. Ook moet 'n geskikte hofdatum vir die aansoek vanaf die hof verkry word. 2. Die dag wat die advertensie in die media verskyn, val die skuldenaar onder die beskerming van die Insolvensiewet 24 van 1936, wat beteken dat hy/sy word verbied om enige verdere betalings aan krediteure te maak (Met die uitsondering van garneer opdragte) 3. Die prokureur sal die vermoënstaat saamstel (Saam met al die ander nodige dokumentasie) van die kliënt. Onderandere ook die van die totale lys van krediteure met hul presiese totale kapitale skuld op hulle profiel en die voordeel wat hulle kan verwag vanuit die boedel (Tussen 20c tot 25c op die rand soos voorgeskryf deur die Insolvensiewet) 4. Elkeen van die kliënt se skuldeisers sowel as SARS sal 'n geregistreerde brief ontvang wat hulle inlig van die kliënt se intensie om te sekwestreer, die datum waarop die geval in die hof aangehoor sal word en die naam en kontakbesonderhede van die prokureur wat die saak voor die hof gaan bring. 5. Die Meester van die Hooggeregshof sowel as die Landdroshof in die distrik waarin jy woon, sal 'n afskrif van jou verklaring van die skuldenaar se sake ontvang wat hulle beskikbaar sal stel aan jou krediteure vir inspeksie, vir 'n tydperk van twee weke (14 dae). • Die dag wat die saak in die hof verskyn 1. Weens die feit dat sekwestrasie 'n hoë hof aansoek is, sal 'n advokaat verskyn in die hof namens jou. Daar is geen rede vir jou om in die hof te verskyn nie. 2. Wanneer jou saak aangehoor was in die hof, sal die Prokureur u kontak om u in te lig van die resultate. Met ander woorde, of die aansoek toegestaan was of afgekeur is. • Nadat die aansoek toegestaan is 1. Sal u ‘n afskrif ontvang van die sekwestarsiebevel vanaf die prokureur, wat deur die hof verskaf word, wat jy dan aan enige krediteur kan stuur as bewys van jou suksesvolle sekwestrasie. 2. Die kliënt sal nou aan die kurator (Gewoonlik deur die prokureur) die fondse moet gee wat nodig is om die voordeel aan die skuldeisers te versprei. Die kliënt kan die prokureur versoek om te onderhandel namens hom/haar, met die kurator, om die bedrag wat verskuldig is af te betaal oor 'n tydperk van tussen 12 en 24 maande. Of die klient kan in volle vereffening van die saak die hele bedrag verskuldig aan die krediteure in een kontant bedrag te betaal. 3. In die geval waar geen van hierdie opsies beskikbaar is nie, of deur die kurator aanvaar word nie, sal 'n afslaer aangestel word om die kliënt se bates op te veil om sodoende die bedrag te verhaal wat die kuldeisers toekom. 4. Die hof sal 'n kurator aanstel, wat namens jou die finansiële sake van die sekwestrasie sal hanteer. 5. Die kurator sal (In ooreenstemming met die regulasies van die Insolvensiewet) die voordeel versprei aan krediteure, soos uiteengesit deur die dokumentasie van die sekwestrasie aansoek. • Wanneer alle krediteure se eise vereffen is deur die kurator 1. Sal die kurator die kliënt met 'n dokument, wat verklaar dat alle aspekte met betrekking tot die sekwestrasie bevredigend afgehandel is, verskaf. 2. Hierdie dokument sal die kliënt toestemming gee om aansoek te doen vir rehabilitasie. Die hele proses kan tot 34 maande neem, alhoewel dit in sommige gevalle binne so min as 18 maande afgehandel kan word. Alle aspekte is afhanklik van jou unieke persoonlike omstandighede.

No comments: