Saturday 27 June 2015

div class='cmt_iframe_holder'
expr:data-href='data:post.canonicalUrl'
expr:data-viewtype='data:post.viewType'/>

Tuesday 23 June 2015

GESOND: 10 riglyne vir ‘n gesonde lae stysel-leefstyl

Kweek ‘n gesonde leefstyl met dié dieet wat slegte stysel uitsny om plek te maak vir meer voedsame groente en vrugte.



Daar is al vir langer as ‘n dekade ‘n groeiende neiging tot die nastreef van ‘n gesonder leefstyl, tog is daar maar min van ons wat dit handhaaf. Lees hier hoe jy ‘n gesonde leefstyldieet kan begin, wat op jou gesondheid fokus.


1.    Bly weg van verfynde kos

Die mikpunt van die eetplan is om jou weg te laat bly van verfynde meel en suiker – dus witmeel en witsuiker – en geprosesseerde kos. Dis nie gesond nie.
As jy vir net ‘n oomblik aan witmeel en witsuiker dink, sal jy besef hoekom. In die vervaardiging daarvan word al die “goeie” dele verwyder. In die geval van witmeel, word al die voedingryke vesel verwyder, terwyl die melasse verwyder word om witsuiker te maak.
‘n Verdere ontsteltenis is dat alle bruinsuiker ook nie goed is vir jou nie, aangesien alle suiker, tydens die vervaardigingsproses, eers witsuiker gemaak word, voordat die melasse in verskillende grade bygevoeg word om die verskillende bruinsuikers te maak. In dieselfde asem let ook op dat volkoringmeel eintlik geprosesseerde witmeel is wat met semels verryk is. Geeneen van die produkte is dus nog regtig in hul “natuurlike” vorms nie.
Eintlik is dit dus ook geprosesseerde kos. Ander geprosesseerde kos, soos ready-made meals en blikkieskos bevat dikwels modified starch en ander toevoegsels, wat veroorsaak dat jy nie in beheer is van wat en hoeveel jy daarvan inkry nie.

2.Beperk proteïene


Mens moet sommer aan die begin al besef dat die brood en pasta wat jy opgee, nie deur proteïene, in die vorm van vleis en hoender, vervang word nie. Die dieet noop jou juis om meer groente en vrugte te eet.
Probeer om elke ete tot een soort proteïen te beperk. Proteïene kan in die vorm van kaas, eier, hoender, vis, seekos, beesvleis en wildvleis geneem word. Hoender moet van vel en been verwyder wees. Ander vleise moet sonder vet wees. Vermy olierige visse, soos makriel en sardiens.

3. Moenie stysel ignoreer nie


Stysel kry baie moeilikheid – maar dis nie net sleg nie. Nie net kom dit in jou groente en vrugte voor nie, die oorhoofse meerderheid van lae koolhidraat-eetplanne laat ook crackerbread, ryvita, provita en soms ryskoekies toe. Dit sal help dat jy nooit honger ly nie. Kyk ook na lyste met lae GI-kosse, wat die “beter” stysel aan jou sal uitwys.

4. Eet groente en vrugte


Soos reeds genoem kan jy op die eetplan verwag om meer groente en vrugte te eet.
Vir ‘n dieet wat gefokus is op gewigsverlies, moet jy egter ook jou vrugte tot twee ‘n dag beperk, aangesien vrugte baie suiker bevat. ‘n Vrug is heerlik vir ‘n teetyd-snack.




5. Drink genoeg water

Daar word aanbeveel dat mens 6 – 8 glase water per dag drink. Eintlik is dit vir enige gesonde leefstyl belangrik, ongeag of jy op ‘n dieet is of nie.
Bekyk net eendag na ‘n uitsonderlike warm somersdag na jou tuin. Alles hang van verleptheid – dit lyk omtrent bedroef.
Met die besef dat jou liggaam en die aarde beide om en by uit 70 % water bestaan, maak dit sin dat mens die water in jou liggaam ordentlik moet opvul.



6. ‘n Ou soetigheidjie


Vermy suiker, en gebruik eerder versoeter in jou koffie, tee en kos. Jy kan ook vrugte in jou kos gebruik om dit op ‘n meer natuurlike wyse te versoet.
Uit ‘n gewigsverlies-oogpunt sal dit ook ‘n goeie idee wees om melk uit jou koffie en tee weg te laat.
In dieselfde asem word dieetkoeldranke toegelaat – diëte laat meesal ongeveer 1 liter dieetgaskoeldrank per dag toe.

7. Gaarmaak en olie


Probeer sover as moontlik om nie olie te gebruik nie. Skaf vir jou ‘n goeie non-stick-pan aan, wat sal maak dat jy nie eens olie benodig nie. Kyk ook uit vir silikon-liners wat jy in panne en oondpanne kan sit om sodoende dan ook nie olie te gebruik nie.
Nog ‘n goeie metode om jou oliegebruik te verminder is om 5 ml met ‘n maatlepel af te meet en net dit te gebruik om jou kos in te braai. 5 ml olie kan ‘n verbasende ver pad stap! Gebruik dan water wanneer dit wil vasbrand. Gebruik verkieslik olyfolie of canola-olie, of spray ‘n cook.



8. Geur jou kos

Mense het ‘n geneigdheid om te dink dieetkos is altyd bland. Gebruik vars kruie, speserye en asyn om jou kos op te kikker. Dikwels is balsemieke asyn en basiliekruid al wat mens nodig het in ‘n roerbraai, terwyl jy ‘n geurige gereg kan voorsit deur ‘n paar speserye saam te braai.
Brei jou kennis oor Speserye uit en plant jou eie groente.
Pasop egter vir gekoopte speserymengsels. Dikwels kan mens skaars een of twee van die bestanddele herken.

9. Wees kreatief


Hou jou kos interessant, anders gaan jy beslis daarvoor moeg raak. Daar is geen rede hoekom jou slaai altyd uit dieselfde bestanddele moet bestaan nie. Gebruik vrugte in jou hoofetes om verskeidenheid te verseker. Daar is baie webwerwe op die internet wat gewy is aan lae koolhidraat-resepte.

10. Kweek goeie gewoontes


‘n Dieet kan jou dikwels soos ‘n kluisenaar laat voel, uitgesluit van die wêreld, want verleiding lê om elke hoek en draai.
Elke keer as jy eet, veral as jy uiteet, is dit ‘n keuse wat jy maak tussen gesond en ongesond.
Die idee is dus dat jy moet verstaan wat gesond is, en wat ongesond is. Gewoonlik is die uitdrukking “gesondheid uit die grond uit” ‘n goeie aanduiding, terwyl jy alles wat eers deur ‘n vervaardigingsproses moet gaan met meer agterdog moet bejeen .


VOORSPOED TOT SUKSES

WYSHEID OOR GEWIGSVERLIES

  Om jou lyf te verander moet jy eers ’n kopskuif maak. 6 geheime oor hoe om gemotiveerd te bly om suksesvol gewig te verloor.
MOTIVERING :
1. As mense my vra hoe hulle ook so baie gewig kan verloor, sê ek altyd hulle moet ʼn wilsbesluit neem en jy moet dit vir jouself doen. As jy nie vir jou eie gesondheid verantwoordelik kan wees nie, sal jy nooit beheer oor jou liggaam kan neem nie.
Wat jy kan doen: Raak rustig en dink na oor wat werklik jou motivering is. Maak ʼn lys van 10 baie spesifieke en persoonlike redes waarom jy gewig wil verloor. Plak die lys êrens op sodat jy daarna kan kyk wanneer jou motivering min is.
2. As jy jou doelwitte wil bereik, moet jy sorg dat jou doelwitte oor jóú gaan. Jy moet dit máák werk en dit op só ʼn manier doen dat dit vir jóú werk. As jou doelwitte nie vir jóú is nie, gaan jy nie sukses behaal nie.
Wat jy kan doen: Stel doelwitte wat vir jóú realisties is. Dit hoef dus nie te wees dat jy ʼn jaar lank op die dieet-program wil bly of twee rokgroottes wil krimp nie.
3. Hoewel baie kenners sê jy moet jouself glad nie daagliks weeg nie, is dit nou die eerte ding wat ek soggens doen. Ek weeg myself kaal, so daar is niks wat ʼn ekstra kilo of twee kan byvoeg nie. Hierdie roetine help my om my gewig wat wipplank kan ry, te beheer. As ek sien ek het gewig aangesit, al is dit ook hóé min, weet ek ten minste dat ek op daardie dag iets daaromtrent kan doen.
Wat jy kan doen: Doen net wat vir jou werk. Om daagliks te sien hoe jou gewig wipplank ry kan vir party mense ʼn negatiewe ervaring wees en ander weer motiveer. Elkeen moet doen wat vir haar die beste werk.
4.  Die enigste manier hoe jy ʼn permanente verandering kan volhou, is deur nuut te dink, doen en leef.
Wat jy kan doen: Gedragsverandering speel ʼn belangrike rol in gewigsverlies. Gaan sit elke week en dink na oor jou houding oor kos. Het jy sekere gewoontes wat jou verhoed om gewig te verloor? Indien wel, probeer dit verander. Eet jy byvoorbeeld sonder om juis daaroor te dink terwyl jy vasgenael voor die TV sit? Probeer dan volgende keer om jou tande te borsel voordat jy jouself op die rusbank tuismaak om TV te kyk.
5. Permanente gewigsverlies kom nie met die druk van ʼn skakelaar nie. Dis nie iets wat jy vir ʼn rukkie doen en dink dit gaan jou lyf vir ewig verander nie. My lewe is so besig soos kan kom, maar ek het steeds tyd gemaak om die program te volg. Jy moet só graag suksesvol wil gewig verloor dat geen berg, rivier of oseaan jou sal kan verhoed om jou doelwitte te bereik nie. As jy só gemotiveerd, passievol en toegewyd is, is daar geen manier hoe jy nié die gewig gaan afskud nie.
Wat jy kan doen: Konsewentheid en deursettingsvermoë is belangriker as perfeksie. Dít is die belangrikste les wat jy moet leer op jou pad van gewigsverlies. Diegene wat gewig verloor en dit af hou, weet dat as jy iets verkeerd eet of ʼn bietjie gewig optel, dit nie die einde van die pad is nie. Dis slegs ʼn spoedhobbel. Jy moet deurdruk en net eenvoudig weier om moed op te gee.
6.  Om myself toe te laat om oorgewig en ongesond te wees, is ʼn slegte gewoonte wat ek met plesier agterlaat. Ek het nou meer energie, stamina en motivering as ooit tevore.
Wat jy kan doen: Dis so maklik om net vas te staar in hoe moeilik en uitdagend dit is om gewig te verloor. Probeer dus eerder dink aan al die voordele en belonings wat met gewigsverlies gepaard gaan. Jy sal gou agterkom dat jy meer vertroue en energie het en boonop gelukkiger is. Let op die verskil in daaglikse takies soos om trappe te klim, hoe jou klere losser pas en hoe jy meer energie vir jou geliefdes het. Ons breine is geneig om te fokus op hoe ‘moeilik’ dit is om gewig te verloor. Dit maak dat ons nie ons slegte gewoontes kan laat vaar en verander nie. Weier eenvoudig om toe te laat dat negatiewe gedagtes jou onderkry.


Braaivleis Pap

POETOE PAP

2 koppies water    knippie sout
3-4 koppies mieliemeel

Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.Verlaag hitte tot normaal. Sit deksel op. Roer na 3-4 minute met die agterkant van 'n houtlepel sodat krummels in die pap vorm. Sit weer deksel op. Roer weer 1 of 2 keer goed deur. Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir 'n laaste keer deur. Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is. Bedien saam met braaivleis, met "sheba" oftewel tamatie en uiesmoor.


STYWE PAP

4 koppies    5ml sout
500ml TRADISIONELE BRAAIPAP

Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op. Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer.Voeg 125ml koue water by pap.Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.


FEESPAP

750ml mieliemeel     6 koppies water
1½ teelepel sout     1 bottel biltongsmeerkaas
250ml room     1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek     2 uie
gerasperde kaas

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar. Snipper en braai spek en uie.Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.


WAT IS `N PA? Deur die oë van 'n kind

Pa's werk baie hart en het baie papier gelt.Pa's hou baie van teevee kyk op Saterdag.Pa's wil slaap op Sondag. Pa's maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas. Pa's het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie uit en stof af nie. Pa's lees as hille kamer verlaat. Pa's hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums dra. Pa's gee hart pak as ma so sê. Pa's gaan op vikansie en vat ma's en kinners altyt saam. Hille krap hille gesigte skoon want dit wort vol hare as hule slaap. Pa's werk altyt as kinners iets wil doen, en het baie werk vir kinners. Ma's het ook baie werk vir pa's. Pa's is kwaai maar hille is bang vir ma's.

BRAAIVLEISMARINADE

BIERMARINADE

175ml bier    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie    30ml suurlemoensap
30ml suurlemoenskil, gerasper

Meng alles saam.


BRAAISOUS

1 ui, in ringe gesny    1 knoffelhuisie, gekneus
10ml olie    200ml tamatiesous
150ml water    75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous    5ml sout
10ml mosterd

Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die bestandele by en prut vir 5 minute. Heerlik saam met oor die kole gebraaide hamburgerkoekies.


BRAAIVLEISMARINADE

200ml vleisaftreksel    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie

Meng alles saam.



PYNAPPELMARINADE

200ml pynappelsap    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie    15ml gemmerwortel, gekap
5ml fyn gemmer

Meng alles saam.


WYNMARINADE

200ml rooiwyn    100ml olie
1 ui, in ringe gesny    1 takkie pietersielie
1 lourierblaar    6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie

Meng alles saam.



SLEGS WARE MANNE BRAAI VLEIS :

Vleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat 'n ware man sal doen.
Wanneer 'n man besluit om te braai, ontstaan die volgende ketting-reaksie.:

1)    Die vrou gaan koop die vleis en by-kossies.
2)    Die vrou maak die slaai, pap en sous.
3)    Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in 'n bak saam met die nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die braaier met 'n dop in sy hand staan.


4)    Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER
5)    Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry.
6)    Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog 'n dop sal gooi terwyl hy die situasie onder beheer bring.

7)    Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT VIR DIE VROU AAN.
8)    Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.
9)    Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.

10)    Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging.
Later vra die man of sy vrou darem haar "aandjie af" geniet het. Wanneer hy die reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige vrouens tevrede sal stel nie!


Resepte wat mans ook verstaan

OPGEDRA AAN: 

ALLE PA’S, OUPA’S, OOM’S EN ALLE MANS WAT ‘N SPESIALE PLEK IN ‘N IEMAND SE HART BESIT.



Baie goeie mans word verkeerd voorberei. Party kry die wind so van voor dat hulle soos ballonne opblaas, ander is voortdurend in die warm water. Sommige mans is altyd in die pekel, terwyl ander verkil word. Die heel ongelukkiges word met tongsous bedek. Alhoewel nie alle mans sag en smaaklik is nie, behoort die meeste verteerbaar te wees wanneer hulle só behandel word. Plaas die man in 'n bottelvol besorgdheid naby die vuur van liefde. Bedek hom met goedhartigheid, gehoorsaamheid en liefdevolle optrede. Geur hom met nederigheid. As jy soentjies en drukkies byvoeg, moet 'n goeie skootjie geheimsinnigheid en gesonde verstand ook bykom. - 



Kos wat in die buitelug gaargemaak word, hou 'n wonderlike bekoring in, en die tergende geur van vleis wat op die kole sis maak 'n mens rasend honger. Dit is seker een van Suid-Afrikaanse se nasionale tydverdryfte. Dit is wonderlik hoe dikwels mense met bitter min ervaring aan kookkuns dit regkry om die heerlikste kos oor die kole gaar te maak. Daar is geen formaliteite by 'n braaivleisvuur nie. 'n Braai is wat jy self daarvan maak. Braaivleis bly ewe lekker, of dit nou by 'n swierige braaiplek, jou eie lapa, in die tuin of op 'n eenvoudige braaitoestelletjie berei word. Wat is nou geselliger as die sorgelose saamkuier om 'n braaivleisvuur? Niks klop immers daardie besonderse rooksmakie van kos wat oor die kole gaargemaak is nie.

BRAAI WENKE :
So maak mens jou braai beter as die buurman s'n:
BEESHAAS (STEAK)

Moet nie gevriesde steak ontdooi nie. Plaas dit net so op die vlamme en sout eers wanneer dit amper klaar is.


BOEREWORS

Ryg boerewors deur 'n sosatiestok met uie tussen in. Braai die wors oor die koeler deel van jou vuur / kole. So laat jy dit stadiger kook. Moet nie die vel prik dat die vet uitkook nie. Die wors moet juis gaar kook in die vet om sodoende die smaak te behou.
Draai die wors om sodra jy kan sien die vet kook aan die binnekant. Moet nooit meer as tien minute aan 'n kant braai nie. Doop wors in water voor jy dit braai. Dit verhoed dat die wors maklik oopbraai terwyl dit gebraai word.


FILET

Laat 'n filet vir 'n paar uur in Cola Cola marineer voor jy dit braai. Braai dit oor vlamme en sorg net dat die kante seël.

GROENTE

Maak 'n sousie met gelyke hoeveelhede van balsemasyn, suiker en olyfolie en verf dit gereeld oor jou groente terwyl dit braai.

HOENDER

Kook hoender in Coke voor jy dit braai of 20 minute in water.Dit maak dit sag en smaakvol.


KRUIE

Gooi jou gunsteling kruie op die vuur vir 'n aangename reuk.

KRUISSTUK (RUMP)

Marineer jou kruisstuk (Rump) oornag in sonneblomolie en worcestersous voor jy dit vinnig weerskante seël en dan verder braai soos jy dit verkies.

LAM

Vir ekstra geur gooi jy klam takkies roosmaryn of lourierblare in jou halfuitgebrande vuur waarop jy gaan lam braai.

MIELIES

Maak 'n pasta van gemmer, rissie, olyfolie, heuning en sesamesaad en smeer oor mielies.

PIESANG

Braai piesang in die skil. Haal af sodra die skil begin swart word en sit voor met room.

PIESANGBLARE

Was 'n piesangblaar en vou 'n vis toe daarin. Stoom gaar op die braai, ± 45 minute. Probeer 'n pasta van gemmer, suurlemoensap en olyfolie op die vis.

ROOSTER

Indien jou vleis vassit op jou rooster, maak dit skoon met jou draadborsel terwyl dit nog warm is en smeer ui daaroor.

SUURLEMOENSAP

Druk vars suurlemoensap oor hoender, groente, vis of lam net voor dit van die kole afkom vir 'n pikante smaak.

TJOPS

Sprinkel suurlemoensap oor jou tjops voor jy dit braai.Dit maak dit sag.Laat jou tjops oornag in Coke lê. Die vleis is dan sag en smaakvol wanneer jy dit braai. Moet nie tjops sout voor jy dit braai nie.Dit maak dit taai.

KLAAR GEBRAAIDE VLEIS

Plaas die vleis wat reeds gebraai is op 'n bed gebraaide uie. Dit verhoed dat die vleis uitdroog en dit gee die vleis ekstra geur.

VLAMME

Sit ys op die vleis indien die vlamme te hoog brand. Plaas 'n koeldrankblikkie of bierblikkie ¾ gevul met water in die middel van jou kole. Dit verhoed dat vlamme, veroorsaak deur druppende vet, buite beheer raak.



VUURAANSTEKERS

'n Alternatief tot vuuraanstekers is 'n die onderste helfte van 'n eierdoos gevul met ou kookolie. Plaas dit plat neer en bou jou vuur daarop.




Saturday 20 June 2015

DETOX WATER

DETOX WATER


Use following ingredients

a cucumber
a lemon
2 oranges
2 limes
a bunch of mint

First prepare all your ingredients.
Slice the cucumber, lemon, oranges, limes and split them between 4 water bottles.
Put water in the bottles and the mint bunch.
You can use big bottles or jars.
You can drink this mixture daily.
It helps reduce fat.

Wednesday 17 June 2015

Tracking Code

<script>
  (function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){
  (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o),
  m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m)
  })(window,document,'script','//www.google-analytics.com/analytics.js','ga');

  ga('create', 'UA-64238304-1', 'auto');
  ga('send', 'pageview');

</script>

SEKWESTRASIES EN LIKWIDASIES

“Ek kan nie meer maandelikse finansiele verpligtinge nakom nie” – WAT NOU? o ‘n Persoon word gesekwestreer o ‘n Maatskappy of Beslote Korporasie word gelikwideer SEKWESTRASIES Volgens die wet is sekwestrasie ‘n regsmiddel wat skuldeisers beskerm teen verdere skade wat gelei kan word as gevolg van die skuldenaar se onvermoë om hulle te betaal: v Sekwestrasie behels dat u by die Hooggeregshof aansoek doen dat u boedel onder die beheer van ‘n kurator (wie aan die Meester van die Hooggeregshof rapporteer) geplaas word. v Die kurator tree namens u skuldeisers op en maak al u bates te gelde, uitgesonderd dit wat die Insolvensiewet hom toelaat om vry te stel. v Die opbrengs van die bates word verdeel onder u skuldeisers op ‘n sekere wyse soos voorgeskryf deur die wet. v Na sekwestrasie het u in beginsel geen verdere skuld nie. Daar bestaan drie maniere waarop u gesekwestreer kan word: . Vrywillige Boedeloorgawe U doen self aansoek om gesekwestreer te word met ‘n eedsverklaring by die hof. 2. Vriendskaplike Sekwestrasie ‘n Eggenoot of vriend (gewoonlik net om u uit die moeilikheid te kry) doen aansoek om u sekwestrasie. 3. Vyandige Sekwestrasie ‘n Derde party, vir wie u geld skuld, doen aansoek om u sekwestrasie (die persoon is gewoonlik kwaad as gevolg van u onvermoë om u skuld te betaal). LIKWIDASIES Die likwidasie proses kan: v Vriendskaplik wees – Statutêr, of Expartè – deur Lede of Direkteure. v Vyandig wees – ‘n derde party bring aansoek vir die likwidasie weens geld wat aan hom geskuld word – of weens ‘reg en bilikheid’ (bv. wanneer Direkteure of Lede van mekaar verskil en nie tot ‘n vergelyk kan kom nie). Statutêre Likwidasie Staturêre likwidasie word met ‘n Spesiale Besluit by die Registrateur van Maatskappye /of Beslote Korporasies gebring. Die metode is eenvoudig, maar alle Direkteure of Lede moet eenparig besluit. Likwidasie deur die Hof Die aansoek word in die Hooggeregshof gebring en is dus meer tydsaam en duursaam. Dieselfde proses as met Sekwestrasie word gevolg. Sekwestrasie of Likwidasie is nie die einde van die wêreld nie, ons maak die poses so pynloos as moontlik

Tuesday 16 June 2015

Kwelvrae oor sekwestrasie

Indien die inligting op ons blog nog nie al u vrae beantwoord het nie, stel ons voor u kontak ons vir n gratis konsultasie. Ons staan gereed om al u vrae spoedig en effektief te hanteer. NAam & Van & Kontak NR & E-Mail Adres Na: bizhub247@yahoo.com Whats’up : 083 332 172 / 0739028819 BBM PIN : 236A1510 BBM PIN : 29615316

SFI - REAL MONEY: Insolvensie, die laaste draaipunt vir skuld

SFI - REAL MONEY: Insolvensie, die laaste draaipunt vir skuld: Om oorverskuldig te wees beteken nie noodwendig jy is insolvent nie. Maar om insolvent verklaar te word beteken dat jy ernstig oorverskuldig...

SFI - REAL MONEY: Ek wil sekwestreer maar ek besit eiendom. Wat nou?...

SFI - REAL MONEY: Ek wil sekwestreer maar ek besit eiendom. Wat nou?...: Indien u eiendom reeds vir n veiling geskeduleer is, is dit baie belangrik dat u die proses so spoedig moontlik aan die gang sit. Sodra die ...

Monday 15 June 2015

Insolvensie, die laaste draaipunt vir skuld

Om oorverskuldig te wees beteken nie noodwendig jy is insolvent nie. Maar om insolvent verklaar te word beteken dat jy ernstig oorverskuldig is. Alhoewel die term insolvent, in sy mees eenvoudige term gedefinieer kan word as, "Jou maandelikse finansiële laste oorskry jou maandelikse inkomste" daar is verskillende aspekte wat in ag geneem moet word voordat 'n skuldenaar se boedel beskou kan word as 'n insolvente boedel. Maak nie saak hoe jy kyk daarna nie, ondoeltreffende bestuur van skuld lei dikwels tot debiteure met geen ander keuse as om hulself insolvent te verklaar nie. Die proses van insolvensie bied die skuldenaar met die uiteindelike oplossing om hom of haar te ontdoen van ongeveer 80 % van hul totale skuld deur 'n enkele Hoëgeregshof aansoek. Die insolvensie proses is duidelik gedefinieer deur die Insolvensiewet van 1936, en is hersien en geïnkorporeer in die Wet op Nasionale Krediet as 'n finale oplossing vir debiteure onder ernstige finansiële stres. Vir 'n skuldenaar om ontslae te raak van die grootste deel van sy skuld deur insolvensie ('n Relatiewe pynlose proses), moet 'n skuldenaar hom/haarself vergewis van die wetlike implikasies van so 'n stap, sowel as sy/haar beperkings van toepassing en afdwingbaar vir so lank as wat die skuldenaar gelys is as insolvent (Wat beteken; Voor rehabilitasie). Sodra insolvent verklaar sal die individu se status verander na insolvent en word vertoon op die skuldenaar se kredietrekord met die nasionale kredietburo. Dus, sal die individu nie in staat wees om verdere krediet te bekom nie weens die feit dat dié status sigbaar sal wees vir alle kredietverskaffers en ander finansiële en kleinhandel instellings met toegang tot die Nasionale Kredietburo databasis se informasie. Kontak vir 'n persoonlike evaluering van jou huidige finansiële situasie en ontvang tot op datum inligting van die wetlike opsies waarvan jy gebruik kan maak om jou slegte skuld siklus om te draai en te begin werk aan finansiële vryheid. Om die skuld hê, beteken nie jy is insolvent nie, maar dit kan beteken dat jy dalk gou kan wees. Neem die stap vandag en begin herbou aan jou môre. bizhub247@yahoo.com Whats’up : 083 332 172 / 0739028819 BBM PIN : 236A1510 BBM PIN : 29615316

Ek wil sekwestreer maar ek besit NIE eiendom nie. Wat nou?

Die Hof reëls bepaal tans dat daar 'n 20c tot 25c voorrdeel op die Rand vir krediteure moet wees. Bv. Indien u FNB R1 skuld, moet hulle 20c kry. Indien u totale skuld dus R50'000 is sal u R24'500.00 terug betaal wat ook regskostes insluit. By hierdie bedrag is daar reeds vasgestelde kostes by bereken wat beteken dat u nie op 'n stadium verras gaan word met ekstra Prokureur en Kurator kostes nie. Die wonderliste deel van die sekwestrasie is dat die bedrag wat u terug betaal GEEN RENTE beloop nie en kan u reel om hierdie bedrag tussen 12 en 18 maande aan die Kurator terug te betaal. Om die voordeel vir kredituere te genereer stuur ons 'n lys van roerende bates aan u, wat u dan so volledig as moontlik vir ons moet invul. Ons stuur daardie lys na ons waardeerders waarna hul dan u meubels waardeer. Ons waarborg ook dat u meubels NIE VERWYDER SAL WORD NIE. Ons stuur ook vir u n koopkontrak waarin u die meubels "terugkoop" Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is, beteken dit dau u en u eggenoot gesekwestreer word, omdat dit een gesamentlike boedel is. Indien u buite gemeenskap van goedere getroud is is daar net die een party wat sekwestreer MAAR indien albei finansiele probleme ondervind moet ons twee sekwestrasies doen. Dit gaan ongelukkig dan die kostes x 2 wees omdat dit twee aparte aansoeke is.

Ek wil sekwestreer maar ek besit eiendom. Wat nou?

Indien u eiendom reeds vir n veiling geskeduleer is, is dit baie belangrik dat u die proses so spoedig moontlik aan die gang sit. Sodra die boedeloorgawe in die Staatskoerant gepubliseer word, word alle geregtelike stappe gestaak. 'n Waardasie word gedoen op die eiendom. Ons sal vir u n waardasie dokument voorsien en op gronde daarvan doen 'n geswore waardeerder 'n waardasie op die eiendom. Verbeteringe wat u aangebring het aan die eiendom word alles op die waardasie volledig uiteengesit. Die Kurator wat deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel is, probeer eers die eiendom uit die hand bemark, met ander woorde hulle gee agente opdrag om die eiendom te verkoop. Die agente sal u skakel en afsprake maak soos met 'n gewone koop en verkoop van 'n eiendom. Die agente wat ons gebruik is baie professioneel en sal u altyd in ag neem. U sal nog vir ten minste drie tot 4 maande in die huis kan aanbly. Sodra die Kurator aangestel is, sal sy/hy met u verdere reelings tref. U sal egter steeds die water en elektrisiteit moet betaal. Die Kurator sal u ten minste 30 dae kennis gee om die eiendom te ontruim. Dit sal nie raadsaam wees om voor die tyd uit te trek nie. 'n eiendom verkoop baie makliker as daar nog mense in woon. U kyk ook ter selfde tyd na die eiendom sodat plunderaars nie die helfte van die huis wegdra nie anders moet die Kurator wagte daar plaas, welke onnodige uitgawes vir die insolvente boedel. Indien die eiendom verkoop word vir minder as die uitstaande verband sal u NIE aanspreekilik gehou word vir die verskil nie. Dit gebeur ongelukkig deesdae baie dat die huis se verband bv R1mil is en die eiendom verkoop word vir R800'000. Die R200'000 word afgeskryf en nie een van die ander skuldeisers ontvang enige geld nie. Hulle kan u ook nie aanspreeklik hou vir enige betalings nie, want u is gesekwestreer. Die ander positiewe ding van die huis is - u word glad nie meer bemoei met die koper se doen en late nie. Met ander woorde dit is nie meer vir u belangrik of die koper 'n lening kry of nie - of die koper waarborge gelewer het nie. Die transaksie word alles deur die Kurator behartig. DIT IS BELANGRIK OM TE WEET DAT INDIEN U 'N EIENDOM, ROEREND OF ONROEREND HET - DAAR NIE 'N BOEDELOORGAWE GEDOEN KAN WORD EN DIE EIENDOM UITGELAAT WORD NIE. DIE EIENDOM IS 'N BOEDEL BATE EN MOET ONS ONGELUKKIG DAARMEE HANDEL.

Wat is die nadele van sekwestrasie?

• Jy sal nie in staat wees om as 'n lid van 'n beslote korporasie of as 'n direkteur van 'n maatskappy op te tree nie. • Jou kredietrekord by die kredietburo sal ‘n insolvente status toon, wat sal verhoed dat jy verdere krediet kan aangaan totdat jy gerehabiliteer is (Vir meer inligting sien Rehabilitasie) • Sommige hoë finansiële posisies mag nadelig beïnvloed word en moet dubbel gekontroleer word deur jou maatskappy se beleid en prosedures na te gaan. As jy onseker is kan jy enige van ons insolvensie praktisyne kontak vir meer inligting. Let asseblief op daarna dat geen werkgewer gekontak sal word aangaande jou sekwestrasie nie omdat sekwestrasie 'n persoonlike aangeleentheid is.

Wat is die voordele van sekwestrasie?

• Jy bevry jouself van 80% van jou skuld, en die res van die bedragverskuldig aan krediteure sal nie onderworpe wees aan addisionele rente nie. Dit plaas 'n hou op buitensporige rente op die kapitale bedrae en maak terugbetalings meer hanteerbaar, wat jou die vermoë gee om jou finansiële lewe opnuut te herbou. • Regsverrigtinge wat deur jou krediteure, hul prokureurs en/of hul skuld versamelaars aandandige gemaak is, sal ophou geplaas word. Sodra die sekwestrasiebevel toegestaan is deur die Hooggeregshof sal hulle moet wag vir die hof se aangestelde kurator om hul regmatige skuldeiser voordeel te verkry. • Teistering deur skuldeisers word geminimaliseer (indien nie uitgeskakel nie) want dit word verwys na die prokureur wat jou saak hanteer . • Jou toekomstige inkomste is beskerm deur die voorkoming van skuldeisers om garneer bevelle op jou salaris te plaas en/of bevry jou van garneer bevelle alreeds in werking op jou inkomste. • Jou betaling van jou skuldeiser se voordeel (Die oorblywende 20% van jou kapitale skuld) en die koste van die aansoek is dikwels 'n derde, of minder, in maandelikse premies as wat jy betaal het aan krediteure, wat jou die geleentheid bied om die finansiële verpligtinge van jou dag-tot-dag uitgawes met meer gemak te bestuur. • Die betaling van jou skuldeiser se voordeel is nie onderhewig aan enige vorm van rente nie en dus plaas dit 'n definitiewe eind datum op jou finansiële worstelling. • Oorspronklike skuldeiser ooreenkomste kan nietig verklaar word en die skuldeiser se verhouding met die skuldenaar sal tot 'n einde gebring word, sonder bykomende rente of verborge kostes hefbaar ingevolge die oorspronklike ooreenkoms.

Wat is die proses vir sekwestrasie?

• Evaluering van die kliënt se unieke situasie 1. In die eerste en belangrikste plek, moet die Insolvensie praktisyn bepaal of die kliënt inderdaad insolvent is en of 'n ander skuld middel as oplossing eerder gebruik kan word, soos bepaal word deur die Nasionale Kredietwet. 2. Dit word gedoen deur middel van 'n in-diepte aansoekvorm wat die Insolvensiewet praktisyn voorsien met al die inligting wat hulle nodig het om doeltreffende advies aan kliënte te verskaf. • Die besluit om aansoek te doen is gemaak, wat nou? 1. Wanneer die kliënt besluit het om voort te gaan met die aansoek, word die prokureur getaak met die indiening van die nodige advertensies in die Staatskoerant en 'n plaaslike koerant, waarin die kliënt se intensie om te sekwestreer gepubliseer word. Ook moet 'n geskikte hofdatum vir die aansoek vanaf die hof verkry word. 2. Die dag wat die advertensie in die media verskyn, val die skuldenaar onder die beskerming van die Insolvensiewet 24 van 1936, wat beteken dat hy/sy word verbied om enige verdere betalings aan krediteure te maak (Met die uitsondering van garneer opdragte) 3. Die prokureur sal die vermoënstaat saamstel (Saam met al die ander nodige dokumentasie) van die kliënt. Onderandere ook die van die totale lys van krediteure met hul presiese totale kapitale skuld op hulle profiel en die voordeel wat hulle kan verwag vanuit die boedel (Tussen 20c tot 25c op die rand soos voorgeskryf deur die Insolvensiewet) 4. Elkeen van die kliënt se skuldeisers sowel as SARS sal 'n geregistreerde brief ontvang wat hulle inlig van die kliënt se intensie om te sekwestreer, die datum waarop die geval in die hof aangehoor sal word en die naam en kontakbesonderhede van die prokureur wat die saak voor die hof gaan bring. 5. Die Meester van die Hooggeregshof sowel as die Landdroshof in die distrik waarin jy woon, sal 'n afskrif van jou verklaring van die skuldenaar se sake ontvang wat hulle beskikbaar sal stel aan jou krediteure vir inspeksie, vir 'n tydperk van twee weke (14 dae). • Die dag wat die saak in die hof verskyn 1. Weens die feit dat sekwestrasie 'n hoë hof aansoek is, sal 'n advokaat verskyn in die hof namens jou. Daar is geen rede vir jou om in die hof te verskyn nie. 2. Wanneer jou saak aangehoor was in die hof, sal die Prokureur u kontak om u in te lig van die resultate. Met ander woorde, of die aansoek toegestaan was of afgekeur is. • Nadat die aansoek toegestaan is 1. Sal u ‘n afskrif ontvang van die sekwestarsiebevel vanaf die prokureur, wat deur die hof verskaf word, wat jy dan aan enige krediteur kan stuur as bewys van jou suksesvolle sekwestrasie. 2. Die kliënt sal nou aan die kurator (Gewoonlik deur die prokureur) die fondse moet gee wat nodig is om die voordeel aan die skuldeisers te versprei. Die kliënt kan die prokureur versoek om te onderhandel namens hom/haar, met die kurator, om die bedrag wat verskuldig is af te betaal oor 'n tydperk van tussen 12 en 24 maande. Of die klient kan in volle vereffening van die saak die hele bedrag verskuldig aan die krediteure in een kontant bedrag te betaal. 3. In die geval waar geen van hierdie opsies beskikbaar is nie, of deur die kurator aanvaar word nie, sal 'n afslaer aangestel word om die kliënt se bates op te veil om sodoende die bedrag te verhaal wat die kuldeisers toekom. 4. Die hof sal 'n kurator aanstel, wat namens jou die finansiële sake van die sekwestrasie sal hanteer. 5. Die kurator sal (In ooreenstemming met die regulasies van die Insolvensiewet) die voordeel versprei aan krediteure, soos uiteengesit deur die dokumentasie van die sekwestrasie aansoek. • Wanneer alle krediteure se eise vereffen is deur die kurator 1. Sal die kurator die kliënt met 'n dokument, wat verklaar dat alle aspekte met betrekking tot die sekwestrasie bevredigend afgehandel is, verskaf. 2. Hierdie dokument sal die kliënt toestemming gee om aansoek te doen vir rehabilitasie. Die hele proses kan tot 34 maande neem, alhoewel dit in sommige gevalle binne so min as 18 maande afgehandel kan word. Alle aspekte is afhanklik van jou unieke persoonlike omstandighede.

Vrywillige Sekwestrasie in Suid-Afrika

As jy al ooit gewonder het waarom iemand vrywilliglik sal sekwestreer, het jy nog nooit werklik finansiële probleme ervaar nie. Die proses van vrywillige sekwestrasie in Suid-Afrika is 'n redelik eenvoudige proses waardeur die skuldenaar 'n aansoek rig vir vrywillige sekwestrasie in 'n Suid-Afrikaanse Hooggeregshof met die hulp van beide 'n advokaat en 'n prokureur. Soos vroeër genoem, begin mens tipies eers dink aan vrywillige sekwestrasie wanneer jy uitgehardloop het uit ander idees oor hoe om jou vinnig vervallende finansiële situasie te stop. Wat debiteure egter moet onthou is dat die proses van vrywillige sekwestrasie in Suid-Afrika behels dat jy genoeg aandele in jou boedel met 'n minimum voordeel om voorsiening te maak vir jou krediteure. Hierdie voordeel is gestig deur die wet om nie minder te wees as 20c op elke Rand. Dit beteken dat as jy R100 skuld het, het jy nodig om R20 daarvan terug te betaal. Verder het die Nasionale Kredietwet saam met die Insolvensiewet van 1936, die presiese proses wat gevolg moet word vir 'n vrywillige sekwestrasie in Suid-Afrika uiteengesit. Suid-Afrika, soosin ander lande en in baie gevalle state het hul eie wetgewing rondom hierdie aspek weens die feit dat hierdie spesifieke skuld oplossing middel ‘n ernstige negatiewe impak kan hê op die ekonomie van 'n land of staat. Om hierdie rede, het die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof nogsteeds baie stappe in plek om te verseker dat die skuld oplossing van vrywillige sekwestrasie (Of beter bekend as die vrywillige oorgawe van jou boedel aan die Hooggeregshof van Suid-Afrika) word slegs gebruik in die gevalle waar geen ander beskikbare skuld oplossing middel gebruik kan word wat suksesvol in die herstel van 'n skuldenaar se finansiële ondergang sal wees nie. Van ons, kan ons u verseker van professionele diens . In die hele proses van vrywillige sekwestrasie in Suid-Afrika, Vrywillige sekwestrasie in Suid-Afrika was nog nooit minder moeite nie.

Hoe lank neem sekwestrasie?

Verbasend is hierdie vraag die mees algemeen van vrae wat gevra word deur mense wat voorheen gesekwestreer was wat nou wil aansoek doen vir rehabilitasie (Vir meer inligting oor die proses van rehabilitasie, lees ons artikel getiteld; "Rehabilitasie ") of wat onder die indruk was dat die rehabilitasie proses outomaties gebeur na 'n aantal jare. Die sekwestrasieproses, vannaf aansoek by die hof datum, duur ongeveer 5 weke. Sodra 'n persoon se aansoek vir sekwestrasie goedgekeur word deur die hof, mag die terme en voorwaardes van die betrokke sekwestrasie 'n belangrike rol speel in die sin van hoe lank die sekwestrasie termyn of impak op die kliënt sal wees. Die wet bepaal gewoonlik dat 'n kliënt nie kan aansoek doen vir rehabilitasie voor vier jaar geskied het nie, wat die verbruiker met 'n groot genoeg tydperk laat waarin hy/sy weer opvoed in die bestuur van sy/haar finansiële sake voordat hy/sy die bestuur kan oorneem vannaf die kurator. Die kurator wat belas is met die verspreiding van die beskikbare fondse aan die skuldeisers van die skuldenaar kan ook 'n beduidende effek hê op hoe lank die sekwestrasie termyn sal duur en ander faktore speel ook 'n rol om die kurator te probeer oortuig om vroeë rehabilitasie toe te laat, die mees algemene invloed word deur die stem van die rehabilitasie prokureur gelewer, waar hy 'n oortuigende saak voorlê, dat die insolvente inderdaad saak getoon het om toegelaat te word om te rehabiliteer. In uiterste gevalle mag die kurator die tydperk van sekwestrasie (Ook verwys na as insolvente status) verleng, tot so lank as 10 jaar, sou die kliënt nie voldoende bewys gelewer het dat hy of sy beheer van hul finansiële besluitneming prosesse nie. Dit gebeur egter net in uiterste gevalle en dien as 'n waarskuwing aan debiteure wat vrywillige sekwestrasie opneem, dat die proses nie moet ligtelik opgeneem word nie en moet ook nie misbruik word ter wille van sy groot krag om die verbruiker se finansiële skuld skoon te vee nie, en sodoende die verbruiker 'n nuwe ongerepte geleentheid gee om 'n goeie kredietrekord te herbou. Soos met so baie ander dinge in die lewe is dit ‘n vorm van gerusstelling dat sekwestrasie so lank as wat jy bepaal sal aanhou, op voorwaarde dat jy verantwoordelike finansiële optrede sal toon asook besluite toepas. Onder Insolvency Care se vrywillige sekwestrasie-model kan rehabilitasie so gou as 36 maande na jou aansoek om sekwestrasie, moontlik wees. Op voorwaarde dat u voldoen het aan die finansiële voordeel vir skuldeisers , soos uiteengesit in jou verklaring van die skuldenaar.

Wat is sekwestrasie?

Sekwestrasie is die vrywillige oorhandiging van jou boedel (finansiële sake) aan die Hooggeregshof onder die regulasies van die Insolvensiewet 24 van 1936. Dit is 'n aansoek gebring in die Hooggeregshof van Suid-Afrika, deur 'n prokureur in samewerking met 'n advokaat namens die skuldenaar wat uiteindelik die skuldenaar (Die aansoeker) sal toelaat om 80% van sy skuld af te skryf. Dit word gesien as 'n laaste uitweg vir n skuldenaar om onder onoorkomelike skuld, voortgespruitend uit omstandighede buite sy/haar beheer, uit te kom. Sekwestrasie is dus die proses waardeur 'n skuldenaar wat insolvent geword het (Iemand wat se finansiële verpligtinge groter is as dié van sy/haar inkomste) die wetlike status van insolvent kan bekom, om ten einde die voordele van die status te geniet. Die skuldenaar word onthef van enige verdere verpligting om sy/haar skuldeisers te betaal soos bepaal was deur die oorspronklike skuldeiser se ooreenkoms, en die skuldeiser se ooreenkoms en eise word tot 'n einde gebring nadat hulle hul voordeel ontvang vanuit die insolvente boedel.